Lank Lewe die Buiter: 'n Kaaps-Hollandse Historiese Romanse, Boek 2

·
· Die Buiter Reeks Book 2 · Treasure Chest Books
Ebook
219
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn More

About this ebook

“Wanneer geregtigheid misluk, bly net die swaard en die masker oor...”

Kaapstad, 1835. ’n Nuwe storm broei oor die Kaap wanneer boere verontreg word na die verlies van hul slawe. Jong idealiste soos Jasper Boonzaaier waag hul lewens teen die owerheid, maar val in die wrede hande van Kaptein Otto Mehrens, totdat die geheimsinnige Buiter weer uit die skadu’s verrys.


Jean de Moreaux het sy masker weggepak, maar as die lewe van sy vriende en sy verloofde Willa op die spel kom, moet hy weer die mantel van die Buiter dra. Sy teenstander is egter slimmer as enige tevore. Percival Philip, ’n man wat sy geheime vermoed en bereid is om hom te ontmasker, selfs al moet hy onskuldiges opoffer om dit te doen.


Met Willa in gevangenskap, Jasper ter dood veroordeel, en die Buiter self vasgekeer in ’n meesterlike komplot, lyk alles verlore. Maar wanneer Jacques onverwags uit Europa terugkeer, ontvou ’n gewaagde plan wat alles kan verander of almal in die verderf kan stort.


’n Historiese avontuur vol romanse, spanning en verraad, waar liefde en lojaliteit getoets word teenoor mag en intriges.

About the author

GERRIT LUBBE VAN ZYL  - (GERRIE RADLOF)

Gerrit Lubbe van Zyl, wat veral onder die skrywersnaam Gerrie Radlof skryf, is op 27 November 1923 op Clanwilliam gebore. Hy voltooi sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Hy skryf verskeie gewilde Afrikaanse aksieverhaal reekse, vir beide volwassenes en die jeug. Van sy reekse sluit in die Buiter reeks, Oloff die Seerower reeks en die Ramala reeks. Hy lewer ook bydraes tot die die S.A. Polisie reeks en die Swerwerspeurder reeks. Onder die skuilnaam Dirk Lubbe skryf hy die Profeet spioenasie reeks. Radlof is ook die skepper van die gewilde held van die fotoboeke, Mark Condor en die Saboteur fotoverhaal reeks.

Na skool in die Kaap werk hy by die Homes Trust versekeringsmaatskappy as aktuariële klerk en loop buitemuurse klasse aan die Universiteit van Kaapstad. Hy bedank dan om vir twee jaar as tabakboer in Rhodesië te gaan werk. Die boerdery is nie suksesvol nie en hy keer terug na die Kaap en werk weer by Homes Trust, terwyl hy deeltyds begin om avontuurverhale te skryf, om meer geld te verdien. Hy begin later voltyds skryf en werk onder andere as vryskutskrywer by Blaar Coetzee se Goeie Hoop Uitgewery. Vanaf 1956 woon hy in Hantam, die huis in Byronstraat in Tamboerskloof wat deur Boerneef gebou is en lank deur hom bewoon is.

In 1956 ontmoet hy vir Leon Rousseau, wat namens Tafelberg-Uitgewers sy boeke redigeer. Saam begin hulle ’n onderneming deur ’n bankrot persagentskap, Afritopics, te koop. Hulle verander die naam en vestig sodoende die vertaalburo en reklame-agentskap, Uniale Persdiens, waar sy vernaamste bydrae die skryf van boeke is. Na ’n ruk koop Leon hom uit en op sy eie konsentreer hy steeds op sy skryfwerk. Dan verhuis hy na Durban waar hy by Hint Hyman en Boet Hyman se uitgewery as vryskut-scenarioskrywer werk en sy eerste treë in die fotoverhaalgenre gee. Hy keer later weer terug na Kaapstad. Op Maandag 20 September 1971 is hy in ’n motorongeluk naby sy huis by Melkbosstrand in die Kaap oorlede, toe hy laat in die aand in ’n boom vasry. As een van SA se top skrywers is Gerrie Radlof se boeke vandag nog in groot aanvraag.

(Info obtained from Wikipedia).

https://www.softcoverbooks.co.za

One of my lifelong passions is writing short stories, as well as editing and republishing the works of renowned authors, ensuring that these exceptional stories are rediscovered and enjoyed by a new audience.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.