Moord aan boord van die Leonardo. Forensiese patoloog Madelein Blignaut het al te veel dood in haar loopbaan gesien. Nรก nog โn ontstellende hofsaak besluit sy om ontvlugting te gaan soek op die Leonardo, โn luukse passasierskip wat deur die verre ooste vaar. Daar ontmoet sy โn groep fassinerende Suid-Afrikaners: Die bekroonde pianis Tibor Lindeque wat kort-kort bekommerd vir haar kyk en โn aantreklike kulkunstenaar Helmut Coleman wat gou vir haar onweerstaanbaar raak. Wanneer hulle op Okinawa afklim, vertel Tibor vir haar die inwoners van hierdie eiland word oeroud. โDaar is nie dood op Okinawa nie.โ Maar hy is verkeerd. Kort voor lank tref hulle die een na die ander medepassasier se lyk aan. โn Storm dwing hulle na dieper waters toe, en dan besef Madelein daar is โn moordenaar op die Leonardo. Wie is dit? Wat wil hulle hรช? En, meer belangrik, wieโs volgende?